Olimpiese Somerspele 1906

Spele van die IVe Olimpiade
Olimpiesespele van 1906

Gehou in Athene, Griekeland
Deelnemende lande 20
Deelnemende atlete 854 (848 mans, 6 vroue)[1]
Items 74 in 13 sporte
Openingseremonie 22 April 1906
Sluitingseremonie 2 Mei 1906
Amptelik geopen deur Koning George I
Atlete-eed (sedert 1920)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1904: St. Louis (VSA)
Volgende Spele 1908: Londen (VK)

Die Olimpiese Somerspele 1906 (Grieks: Θερινοί Ολυμπιακοί Αγώνες 1906, Therinoí Olympiakoí Agó̱nes 1906), het vanaf 22 April tot en met 2 Mei 1906 in Athene, Griekeland, plaasgevind. Die spele staan ook bekend as die "tussenspele van 1906" aangesien hierdie spele plaasgevind het tussen die normale vierjarige periodes van die Olimpiade. Dit is destyds as die "Tweede Internasionale Olimpiese Spele in Athene" aangebied.[2] Die Spele word tans nie deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) erken nie, selfs nie die medaljes en Olimpiese rekords wat behaal is nie.[3]

  1. "1906 Athina Summer Games". sports-reference.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 3 Januarie 2018.
  2. (en) Karl Lennartz (Desember 2001/Januarie 2002). "The 2nd International Olympic Games in Athens 1906" (PDF). Volume 10. Journal of Olympic History. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 September 2018. Besoek op 3 Januarie 2018. {{cite web}}: Gaan datum na in: |date= (hulp)
  3. "What Events are Olympic?" (in Engels). SportsReference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2020. Besoek op 3 Januarie 2018.

Developed by StudentB